In vitro effekte van aragidoonsuur en prostaglandien E2 op proliferasie, osteoklastvorming en beenresorpsie in RAW 264.7 muismakrofae
Authors: M.J. Laing1; J.C.A. Boeyens1; M. Coetzee1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria,
South Africa
Correspondence to: Magdalena Coetzee
Postal address: Private Bag X323, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Laing, M.J., Boeyens, J.C.A. & Coetzee, M., 2012, ‘In vitro effekte van aragidoonsuur en prostaglandien E2 op proliferasie, osteoklastvorming en beenresorpsie in RAW 264.7 muismakrofae’,
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #292, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.292
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.
Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Referaatopsommings
|
Open Access
|
Abstract
In vitro effects of arachidonic acid and prostaglandin E2 on proliferation, osteoclast formation and bone resoption in RAW 264.7 murine macrophages. This study investigated the effects of arachidonic acid and prostaglandin E2 on osteoclast formation and bone resorption in RAW 264.7 murine pre-osteoclasts. Data obtained suggests an inhibitory
effect of these compounds on osteoclastogenesis and bone resorption in the cell line tested.
Inhoud
Beenhermodulering is ‘n fisiologiese proses in die liggaam, waar beenresorpsie plaasvind deur middel van osteoklaste en beenvorming deur middel van osteoblaste. Osteoklaste onstaan deur die samesmelting van hematopoïetiese voorgangerselle van monosiet-makrofaagafkoms, in die teenwoordigheid van reseptor-aktiveerder van NF-κB ligand (RANKL), afkomstig vanaf osteoblaste. Osteoklast-ooraktiwiteit kan tot verhoogde beenresorpsie in sommige patologiese toestande aanleiding gee. Kliniese-en dierestudies het getoon dat sommige langketting poli-onversadigde vetsure ‘n onderdrukkende effek op osteoklastvorming kan hê. Die doel van hierdie proefstudie was om die effekte van aragidoonsuur (‘n omega-6 vetsuur) en sy prostanoïedmetaboliet, prostaglandien E2 (PGE2) op proliferasie, osteoklastvorming en beenresorpsie, in RAW 264.7 pre-osteoklaste, te bepaal. Monosiet-makrofaagmuisselle (RAW 264.7 pre-osteoklaste) is in steriele 96-putplaatjies teen 5000 selle/putjie gesaai en blootgestel aan PGE2 teen konsentrasies van 10-10M to 10-6M en ‘n etanoloplosmiddelkontrole. Na 72 uur is proliferasie met behulp van kristalvioletkleuring bepaal. Selle is ook teen 15 000 selle/putjie in ‘n 24-putplaatjie in die teenwoordigheid van PGE2 (10-10M to 10-6M), aragidoonsuur (20 µg/mL) en RANKL (15 ng/mL) gesaai. Na 5–7 dae inkubasie, is die selle gekleur om te toets vir die teenwoordigheid van tartaatweerstandige-suurfosfatase (TRAP), ‘n merker vir osteoklastvorming. TRAP-positiewe selle met vyf of meer kerne word as volwasse osteoklaste beskou. In ‘n paralelle eksperiment is 15 000 selle/putjie gesaai op plaatjies wat bedek is met ‘n sintetiese anorganiese beenoppervlakte en vir sewe dae lank gekweek. Aan die einde van die eksperiment is die selle afgewas en die resorpsie-oppervlak met behulp van ‘n mikroskoop en kamera waargeneem. Die persentasie resorpsie is met behulp van toepaslike rekenaarsagteware bepaal. Resultate van hierdie studie het getoon dat daar geen effek van PGE2 op proliferasie van die pre-osteoklaste was nie. Prostaglandien E2 teen farmakologiese konsentrasies, en aragidoonsuur (20 µg/mL) het wel inhibisie van osteoklastvorming veroorsaak, met aragidoonsuur wat die grootste effek gehad het. Resorpsieholtes op die gesimuleerde beenplaatjies was kleiner waar die selle aan PGE2 en aragidoonsuur blootgestel was in vergelyking met dié van die oplosmiddelkontrole. Hierdie waarneming kan moontlik aan die laer voorkoms van volwasse meerkernige osteoklaste toegeskryf word. Verdere navorsing is nodig om duidelikheid oor die meganismes wat hier betrokke is, te verkry. Hierdie navorsing is deur die Mediese Navorsingsraad en die Navorsingsontwikkelingsprogram (Universiteit van Pretoria) befonds.
|