About the Author(s)


Su-Marie van Tonder Email symbol
Department of Geography, Environmental Management and Energy Studies, University of Johannesburg, South Africa

Elizabeth Block
Department of Geography, Environmental Management and Energy Studies, University of Johannesburg, South Africa

Citation


Van Tonder, S. & Block, E., 2017, ‘Vrywilligertoerisme in natuurbewaring in die Hartbeespoortgebied’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1472. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1472

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

Referaatopsomming

Vrywilligertoerisme in natuurbewaring in die Hartbeespoortgebied

Su-Marie van Tonder, Elizabeth Block

Copyright: © 2017. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

Conservation volunteer tourism in the Hartbeespoort area. The aim was to do an exploratory study on conservation volunteer tourism in Hartbeespoort and surrounding areas. Various sanctuaries were identified and their perception and motivations explored. Interviews were held with international volunteers in order to get basic demographic information and to understand their motivations, perceptions and satisfaction.

Al hoe meer mense toer en neem deel aan toerisme-aktiwiteite, en daarom is dit belangrik om die ontwikkeling en groei van volhoubare en verantwoordelike toerisme te bevorder. Wanneer toerisme op ’n verantwoordelike manier plaasvind, kan al die partye daarby baat. Vrywilligertoerisme word gesien as ’n vorm van verantwoordelike of alternatiewe toerisme wat wêreldwyd vinnig groei. Dit behels ’n kombinasie van vrywillige werk en vakansie. Daar is verskillende geleenthede vir vrywilligertoerisme in Suid-Afrika, wat wissel van maatskaplike vrywilligheidswerk by kinderhuise tot werk by rehabilitasiesentrums in natuurbewaring. Vorige navorsing wys dat vrywilligertoerisme ’n belangrike rol in omgewingbestuur of natuurbewaring kan speel omdat toeriste hulle tyd, geld en vaardighede bied. Onlangse navorsing fokus egter meer op die potensiële negatiewe aspekte van vrywilligertoerisme in natuurbewaring, byvoorbeeld die kommodifikasie van die natuur, alternatiewe motiewe van vrywilligers of verkeerde perspektiewe oor natuurbewaring.

Navorsing oor vrywilligerstoerisme in Afrika en spesifiek Suid-Afrika bly skaars. Hierdie navorsing gee inligting oor vrywilligertoerisme in natuurbewaring in die Hartbeespoortstreek in die Noordwes-Provinsie om die huidige gebrek aan navorsing oor hierdie onderwerp aan te vul. Verskillende projekte in die studie-area, wat fokus op vrywillige werk in natuurbewaring is geïdentifiseer en die projekbestuurders se perspektiewe rondom natuurbewaring en vrywillige werk is ondersoek. Die projekte sluit in die Hartbees Animal Sanctuaries-projek by die Elephant and Monkey Sanctuary; die Wildlife Sanctuary-projek by Glen Afric Lodge en die karnivoorprojek by Ukutula Conservation and Research Centre. Onderhoude is gedoen met 25 internasionale vrywilligers by die onderskeie projekte. Die doel van die onderhoude was om basiese demografiese inligting te kry; om te verstaan wat hulle oortuig het om vrywilligheidswerk met diere te doen; hoekom hulle daardie spesifieke plekke gekies het en wat hulle ervaring is.

Belangrike punte wat na vore gekom het, is onder meer, die waarde wat die vrywilligertoeriste geplaas het op hulle interaksie met die diere en die ontwikkeling van hulle persoonlike bewustheid rondom die omgewing, asook bewaringskwessies. Hierdie navorsing het gevind dat vrywilligertoerisme oor die algemeen ’n positiewe impak op die projekte het omdat die geld en arbeid wat die vrywilligers bied, help om die projekte aan die gang te hou. Dit het ook oor die algemeen ’n positiewe impak op die vrywilligers, aangesien hulle, onder meer, dieper bewuswording van omgewingskwessies ontwikkel. Die navorsing het egter ook ’n paar potensiële etiese probleme beklemtoon, byvoorbeeld die feit dat plaaslike mense eerder die werk kon gedoen het wat die vrywilligers doen of dat daar ander projekte in Suid-Afrika is wat belangriker is vir natuurbewaring, soos byvoorbeeld projekte wat renosterstroping teenstaan. Dit was net ’n verkennende studie en daar behoort nόg navorsing gedoen te word oor vrywilligertoerisme in natuurbewaring in Suid-Afrika.